Kwela

Sign up for our newsletter!
Bookmark with...

About this book

Happiness is a Four-Letter Word | General Fiction

Cynthia Jele

Winner in the Film Category of the 2011 M-Net Literary Awards.
Winner of the Commonwealth Writers’ Prize 2011: Best First Book, Africa region.

Nandi, Zaza, Tumi and Princess are four ordinary friends living life in the fast and fabulous lanes of Joburg. Suddenly, no amount of cocktails can cure the stress that simultaneously unsettles their lives. Nandi’s final wedding arrangements are nearly in place so why is she feeling on edge?

Zaza, the “trophy wife”, waits for the day her affair comes to light and her husband gives her a one-way ticket back to the township; Tumi has only one wish to complete her perfect life – a child. But when her wish is granted, it’s not exactly how she pictured it. And Princess? For the first time ever, she has fallen in love – with Leo, a painter who seems to press all the right buttons. But soon she discovers – like her friends already have – that life is not a bed of roses, and happiness never comes with a manual . . .

Reviews

Seks in die ‘suburbs’
Johanna van Eeden

08/05/2010

Happiness is a four-letter word

deur Cynthia Jele.

Uitgewer: Kwela. Prys: R185


Vergeet van Sex and the City se Carrie, Miranda, Charlotte en Samantha.

Ontmoet Nandi, Zaza, Tumi en Princess. Dié meisies sal jou ’n ding of twee kan leer van seks in die suburbs.

Dié vier vroue in hul laat 20’s/vroeë 30’s is die hoofkarakters in Cynthia Jele se Happiness is a four-letter word.

Hulle bly in Johannesburg se vooruitstrewende noordelike voorstede en probeer deur hul vriendskap sin maak van die lewe.

Nandi is op die punt om te trou, maar dan verskyn haar eks op die toneel en krap alles deurmekaar. Haar verloofde se kind uit ’n vorige verhouding (en die kind se ma) maak die prentjie nog meer verwikkeld.

Zaza is die “trofee-vrou” en so doodverveeld dat sy ’n affair begin. Dan verlaat haar minnaar sy vrou en verwag sy moet ook háár huwelik heroorweeg.

Tumi en haar man, Tshepo, probeer al lank om ’n kind te hê.

Een oggend klop ’n kollega van haar man aan die voordeur en sê sy is swanger?… en Tshepo is die pa.

Princess se Zimbabwiese kêrel is met dwelmsmouse uit Wes-Afrika deurmekaar. Sy probeer intussen vrede maak met haar mishandelde ma se dood en raak boonop swanger.?

Die intrige is so stewig soos suikersoet koeksisters ineengevleg en jy moet net keer of jy eet die hele baksel in een slag op.

Jele skets haar karakters so duidelik dat jy naderhand voel of jy saam in die binnekring van die sisterhood sit.

Deur hul oë begin jy saam soek na daardie vierletterwoord wat “geluk” spel.

En vir elkeen is dit iets anders.

Dit kan geluk wees, soos Nandi uitvind – die blote vloekskoot dat dinge soms uitwerk en geluk meebring.

Of in Zaza se geval dalk wellus – want dit, en die opwinding van ’n buite-egtelike verhouding, lok haar soos ’n mot na ’n kers na Bongani, haar minnaar.

Dit kan veilig wees; die veiligheid waarna Princess sedert haar kinderjare smag. Daardie soeke na geluk glip ook deur Princess se vingers wanneer Leo, haar minnaar, toelaat dat dwelmboewe hul huis – haar veilige hawe – betree.

Dit kan ook hoop wees, soos Tumi wat aanhou hoop dat die nuus oor Tshepo se buite-egtelike verhouding ’n fout is.

Die vier vriendinne deel die soeke na een vierletterwoord?– “love” – daardie onvoorwaardelike aanvaarding van wie jy is deur die ander.

Thembi, Bongani se vrou, bied ’n ander perspektief op die titel wanneer sy opmerk: “I would trade happiness for comfort any day” (bl. 192).

Happiness is a four-letter wordis ’n ligte, lekkerleesboek wat jy oor ’n langnaweek sal kafdraf. Hoewel Jele hier en daar ’n frase in een van die vroue se moedertaal (ook Afrikaans) inglip, is dit nie steurend nie en dit ontspoor nie die storie nie.

Sonder om die betekenis van die frases te verstaan, dra dit by tot die geloofwaardigheid van die karakter. Die boek vereis nie veel konsentrasie of insette van die leser nie, maar die lees daarvan laat jou met meer as taaisoet vingers.

Jele gee ’n blik op die lewe van jong, professionele swart vroue in ons (tradisionele wit) voorstede.

Hulle leef in twee wêrelde, met hul wortels in die townships en hul toekomsdrome in die voorstede.

Hul gunsteling-handelsmerke soos David Tlale en Jenni Button deel ’n leefwêreld met lobola en inhlawulo (die “skadevergoeding” wat Tshepo se familie moet betaal nadat hy sy jong kollega swanger gemaak het).

Hulle hou van die privaatheid wat ’n voorstedelike lewe bied, waar jy ’n afspraak maak as jy iemand wil sien?–?in teenstelling met die lewe in ’n township waar mense ongenooid kom en gaan.

Iewers tussen hul wortels en hul toekomsdrome probeer hulle inpas, te midde van tradisies en persepsies.

Tumi jaag byvoorbeeld vir Tshepo uit die huis oor sy buite-egtelike verhouding. Sy het egter nie die vrymoedigheid om haar ma daarvan te vertel nie, want sy hoor reeds haar ma se stem: “Whose culture are you practising, huh? Are you a white woman now?” (bl. 247)

In Tshepo se afwesigheid eet Tumi soveel soesji soos sy wil, sonder Tshepo se sarkastiese “What are you trying to do, turn us white?” (bl. 255) wanneer sy dit vir hom voorsit.

Temas soos swart ekonomiese bemagtiging en regstellende aksie word aangeraak, met Tumi en Zaza se mans en Nandi se verloofde wat almal geldelik voordeel trek daaruit.

Terselfdertyd wil Nandi graag bevorder word omdat sy bevoeg is en nie weens regstellende aksie nie.

Lesers wat met die hoofkarakters kan identifiseer (ander jong, swart professionele vroue) sal genot put uit die boek, maar dit sluit nie die leesplesier vir ander lesers uit nie.

Want Jele lig ’n ander belangrike punt uit: Haar karakters worstel met dieselfde verhoudings- of lewensprobleme as elke ander vrou in Suid-Afrika.

Hulle word ook gekonfronteer deur die verbrokkeling van verhoudings, die impak van immigrasie, die vooroordele teenoor immigrante uit Wes-Afrika en Zimbabwe, die stryd om erkenning wat vroue in die werkplek ervaar, probleme om swangerskap, die uitdagings van moederskap en maatskaplike probleme soos vrouemishandeling.

Happiness is a four-letter word is die verhaal van vier vroue wie se name net sowel Carrie, Miranda, Charlotte en Samantha kon gewees het. Of enige Afrikaanse weergawe daarvan.

* Jele is ’n skrywer van Johannesburg wat in 2008 die eerste en vierde pryse gewen het in BTA/Anglo American se kortverhaalkompetisie.

Johanna van Eeden is ’n assistent-redakteur by Beeld.

Buy this book

Available at:

Price:

R 195.00

More information

Happiness is a Four-Letter Word | General Fiction


Author: Cynthia Jele
Category: General Fiction
ISBN: 9780795702952
Date Released: 20 April 2010
Price (incl. VAT): R 195.00
Format: Soft cover, 256pp

About this author

Cynthia Jele


Cynthia Jele is a thirty-something-year-old South African-born writer. She grew up in a small border town in Mpumalanga. Cynthia’s claim to fame was winning...

Read more...

Kwela also recommends these titles: