Palazzo van die laaste dans |
Short Stories & Fiction Anthologies
Rachelle Greeff
"Soos tevore ontgin sy tot in die senuwee," skryf Petra Müller van die bekroonde Rachelle Greeff se vierde kortverhaalbundel, Palazzo van die laaste dans. In al tien kortverhale werk die skrywer soos dikwels met die primêre magte wat pols in alle lewens - seksualiteit, liefde, godsdiens, dood. Een van die leitmotifs wat deurlopend in die verhale figureer, is dans. Dans as vergestalting van energie, van dissipline en deursettingsvermoë, maar uiteindelik ook die teenoorgestelde daarvan: van kortstondige oomblikke waarin ‘n mens jouself kan verloor - kan vergeet van die alledaagse meedoënloosheid van bestaan.